Hy vat die kat en ry so 2km ver en smyt hom uit die kar uit.
Toe hy by die huis kom wag die kat vir hom.
Weer laai hy die kat en ry so 5km weg en smyt hom uit.
Kom by die huis en hier wag die kat vir hom.
Hy laai weer die kat en ry 'n moerse ent.
Dan links, dan regs, dan 'n ent terug, dan weer links en regs vir kilos en gooi uiteindelik die kat weer uit.
Na 'n ruk bel hy sy vrou en vra of die kat by die huis is.
Ja, sê sy hoekom? Hy antwoord "gee die foon vir die donnerse kat. Ek het in my moer in verdwaal"
No comments:
Post a Comment